Structure-De Jager & De Jager Incorporated

De Jager en De Jager Ingelyf

Afrikaans | English

Struktuur

Rekeningkundige Praktyk
As primêre diens lewer die rekeningkundige praktyk boekhou, rekeninghouding, belasting, BTW en betaalstaatdienste. Hierdie dienste word aangevul met maatskappyregistrasies en sekretariële dienste.

Kliënte sluit in individue, maatskappye, trusts en dergelike wettige praktyke, oor 'n verskeidenheid nywerhede soos die finansiële sektor, landbou, gemeenskapsrade, en groot- en kleinhandel.

Die kleinste kliënt is 'n eenmansaak, terwyl die grootste kliënt se jaarlikse omset R 100m oorskry.

Carol Smith staan aan die hoof van die Rekeningkundige Praktyk en word ondersteun deur:
- Beverly Terblanche
- Elise Meiring, en
- Martelize van den Heever
Algemene- en Belastingkonsultasiepraktyk
Die kort- en langtermynversekeringsbedryf is die primêre mark vir hierdie divisie. Kliënte word bygestaan met konsultasie in samesmeltings en verkrygings (Mergers and Acquisitions). Opdragte sluit die volgende in: waardasies, omsigtigheidstudies (due diligence reviews), en die opstel en resensering van wetlike ooreenkomste en kontrakte.

Vir individue word testamente opgetrek, belastingbeplanning en -strukturering gelewer, en boedelbeplanning gedoen. Die Konsultasiepraktyk bemiddel ingewikkelde belasting- en BTW geskille, en word ook betrek met korporatiewe- en bestuurskonsultasies.

Die senior konsultante is:

- Pieter Bezuidenhout: Geoktrooieerde Rekenmeester en Besturende Direkteur

- Fatima Monga: B.ComAcc en HDip Tax, verantwoordelik vir die Belastingpraktyk.

- Caronien Pieterse: B.Com(Hons)(Interne Oudit), verantwoordelik vir konsultasie in bestuurskunde (governance), forensiese sake, en interne oudits.